Tuis Inskrywing Koop Kaartjies
SKRYF IN!

Laat Ons Juig © 2022

KOOP JOU KAARTJIE

Eon de Bruin

Eon de Bruin is nou al amper 20 jaar in die Christelike musiek bedryf en het al verskillende rolle gespeel in dié bedryf.  Van sanger, beter bekend as Matthew10, tot TV aanbieder, vir die program Impak wat op Kruiskyk uitgesaai het tussen 2012 en 2015.  Hy is ook liedjie skrywer en vervaardiger met sy eie opname ateljee, en dan is hy tans die videograaf vir Finesse tydskrif en vervaardig musiek videos tussen deur.  En as dit nie genoeg is nie, het hy ook in 2013 ‘n nuwe era in beweeg waar sy fokus lê op kinder bediening.

As sanger het sy Matthew10 bediening amptelik afgeskop in 2004 waar hy by skole bedien het reg oor Durban, Kwa-Zulu Natal.  Hy het sy debuut album “Where It All Starts” opgeneem by die welbekende sangroep MIC en het dié album vrygestel in 2008.  Truth tydskrif het Eon beskryf as die ‘Christelike Justin Timberlake’, en die wat al by een van Eon se optredes was, sal ook verstaan hoekom hierdie vergelyking gemaak is weens sy hiphop dans agtergrond en musiek styl.

In 2013 maak Eon klaar met sy Matthew10 bediening en gaan oor na kinder bediening en begin toe Suid Afrika se heel eerste Afrikaanse Christelike tiener pop groep genaamd Victory5.  Die sang groep het in hul 7 jaar van bestaan kinders reg oor Suid Afrika bedien en het altesaam 7 toekenning nominasies ontvang.

In 2020 het Eon Victory5 beeindig met die idee om dié kinder bediening uit te brei.  Hy het Victory5 as sang groep vervang met Shining Stars wat bestaan uit solo kinder sangers wat Christelike musiek sing vir kinders.

Hy het ook in 2020 sy eie Christelike streaming platform vir kinders begin genaamd Tween Xstream, wat tonne vermaak bevat vir kinders, soos animasies, TV programme, weeklikse 1 minute toewydings videos, musiek videos, karaoke, praise and worship, virtual reality konserte, en talle meer.  Die Shining Stars is ook die aanbieders van van die TV reekse op Tween Xstream.  Die doel van Tween Xstream is om ‘n alternatief vir Disney, Nickelodeon en Cartoon Network te skep wat gebou is op Christelike waardes en wat ouers kan vertrou.

In Eon se amper 2 dekades in die bedryf het hy met Matthew10, Victory5, Shining Stars en Tween Xstream reuse sukses behaal.

Matthew10

Victory5

Tween Xstream