Tuis Inskrywing Koop Kaartjies
SKRYF IN!

Laat Ons Juig © 2022

KOOP JOU KAARTJIE

Liza Brönner

Liza is beslis Suid-Afrika se Liefling en met haar nuwe album wat in Julie 2016 die lig gesien het, het sy nog verder in gehore se harte gekruip. Die nuwe album volg na die sukses van haar vorige CD ‘Jy het my gevind’ wat ‘n in-diepte kyk was in haar lewe, voor en na die Liefling reeks. Die onlangse album is ook in 2017 vir ‘n Ghoema-toekenning genomineer.


‘Ek wil he mense moet eerlikheid in die album hoor en saam met my deur die verskillende emosies van liefde gaan,’ se Liza.


Volgens Liza het sy vir meer as 2 jaar aan die album geskryf waartydens sommige van die lirieke maklik uit haar pen gevloei het terwyl ander ‘n konsep in wording was.


‘Ek het seker gemaak ek gaan soek diep in my hart en skryf wat ek beleef en voel sodat gewone mense daarmee kan vireenselwig,’ vertel Liza.


Die album is gesentreer rondom die liefde en volgens Liza was dit ‘n maklike onderwerp om oor te skryf. Sy het probeer om bietjie van die tradisionele liefdesliedjies af te wyk wat veral duidelik navore kom in die enkelsnit en titel van die

album, ‘Dans op jou eie’. Hiermee beklemtoon Liza dat mens uniek en jouself moet wees en nie deur die keuses van die meerderheid van die samelewing saamgesleur hoef te word nie. Liza erken dat dit moeilik is om haar gunsteling liedjie op die albu te kies maar as sy moes sou dit "Wonder of jy weet" en " Emosioneel" wees.


‘n Paar jaar gelede was Liza as Suid Afrika se nuwe Liefling aangewys tydens ‘n agt weke soektog na die perfekte sangeres om die verhoog te deel met Afrikaans se pop -prins Bobby van Jaarsveld. Die Kyknet realiteitsprogram, vervaardig deur Paul Kruger van Hartiwood Films, het ‘n nuwe standaard in Afrikaanse realiteits programme gebring. Gedurende haar jare in die vermaaklikheidsbedryf het Liza daarin geslaag om met haar sagte, liefdevolle persoonlikheid te wys dat geen geld of roem haar passie vir musiek kan steel nie. Liza is die afgelope 3 jaar met sanger en musikant, Rikus Nel, getroud en die twee woon in Pretoria.