Laat Ons Juig © 2022
Retief Burger
Retief Burger is ’n aanbidder in sy wese. Sy musiek vind aanklank by ’n wye verskeidenheid mense omdat dit opreg en modern is. Hy is egter nie net ’n aanbiddingsleier nie, maar glo dat God hom geroep het om mense te lei na die hart van die Vader. Retief het ook 'n passie om dissipels te maak wat God bekend sal maak en vir sy eer sal leef!
Retief het nog nooit enige begeerte gehad om ‘n “kunstenaar” te wees nie. Hy wou aanvanklik net relevante Afrikaanse lof-
Toe Luidkeels in 2005 vrygestel is, kon niemand daaroor stilbly nie en het die album platinum status verwerf. Sy daaropvolgende twee albums, Luidkeels Hersien en Luidkeels Oorgegee is beide goud gesertifiseer. Album nommer drie was Luidkeels Dieper, wat in Sept 2012 vrygestel is. Dit was sy laaste album wat onder die Luidkeels naam vrygestel is. Met hierdie albums het hy verskeie SAMA toekennings, 'n Huisgenoot Tempo, Ghoemas en selfs 'n Crown Gospel Toekenning verwerf.
In April 2015 word Retief se eerste solo album vrygestel met die naam Nou en vir altyd. Dit was geskryf met een boodskap: om Jesus te eer, in elke seisoen -
En dan tref 2017 met sy album, Alles en dan sy nuutste album wat in Februarie 2020 vrygestel is met die naam OORWIN. Die album se boodskap gaan oor die implikasie van Jesus se oorwinning oor die dood, en die effek daarvan op ons lewens vandag! Retief se hoop is dat hierdie liedjies in kerke regoor Suid Afrika gelowiges woorde sal gee om die Koning van die heelal in gees en in waarheid te aanbid.
Retief is ook 'n kranige skrywer met twee boeke wat die lig gesien het uit sy pen. Oorgegee -
Retief is voltyds by Every Nation Tshwane waar hy as senior leraar dien. Hier fokus hy daarop om ‘n nuwe generasie kerkplanters en dissipelmakers op te rig. Sy passie vir die kerk, prediking en sy land bly die hartklop van sy bediening. Retief: “Ek dink my grootste uitdaging is om na alles nogsteeds daagliks in alle afhanklikheid voor God te leef. Dit is vir my so belangrik om in ‘n plaaslike gemeente te dien en net ‘n gewone dissipelmaker te wees.” Hy behartig wel elke jaar 'n paar optredes, maar sy eerste fokus bly sy verpligtinge by sy gemeente, waar hy sy passie vir kerk en dissipelskap uitleef.
Op ‘n persoonlike noot is Retief ‘n kranige sportman wat die Comrades en die Ysterman al kafgedraf het. Hy is gelukkig getroud met Isabel, sy jarelange vriendin en geniet pa-